Ecclesiastes 9:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou krag; want daar is geen werk of plan of kennis of wysheid in die doderyk waarheen jy gaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen, want in die graf waarheen jy op pad is, is daar nie werk of insig, kennis of wysheid nie.
Afrikaans 1933/1953 Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag, want daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waar jy heengaan nie.
Afrikaans 1983 Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen, want in die doderyk waarheen jy op pad is, is daar nie werk of insig of kennis of wysheid nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met oorgawe; want daar is geen werk of verklaring, of kennis of wysheid in die •doderyk waarheen jy op pad is nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet alles doen wat jy kan doen, jy moet dit goed doen, want jy gaan na die doderyk en daar sal jy nie werk of dink of weet of wysheid hê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Werk hard en probeer dit geniet. Doen wat jou hand vind om te doen, want in die blyplek van die dooies waarheen jy op pad is, werk niemand nie. Daar is ook geen kennis of wysheid nie.