Ecclesiastes 9:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Oor dit alles het ek in my hart gedink om dit alles te verkondig, dat die regverdiges en die wyses en hulle werke in die hand van God is; niemand ken liefde of haat van alles wat voor hulle is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het oor dit alles nagedink en probeer verstaan hoe dit is dat dié wat reg doen, en dié wat wysheid het, en dit wat hulle doen, onder God se beheer is. Maar niemand weet of daar vir hom liefde of haat wag nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want dit alles het ek ter harte geneem en dit alles het ek probeer deurgrond, dat die regverdiges en die wyse manne en hulle dade in die hand van God is, liefde sowel as haat; die mens weet niks van wat hom voorlê nie. |
| Afrikaans 1983 | Dit alles het ek ter harte geneem en ek het bevind: God regeer oor dié wat reg doen en wysheid het, en oor wat hulle doen. Niemand weet of daar vir hom liefde of haat wag nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, aan al hierdie dinge het ek aandag gegee, om al hierdie dinge op te helder: Die regverdiges en die wyses en hulle dade is in God se hand, of dit nou liefde is of haat. Mense weet nie wat alles vir hulle voorlê nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, ek het oor al hierdie dinge gedink en ek het gesien dat dit God is wat besluit oor mense wat reg lewe, Hy besluit oor wyse mense en oor die dinge wat hulle doen. Mense weet nie wat met hulle sal gebeur nie, hulle weet ook nie of God vir hulle liefde of haat sal stuur nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het die lewe ondersoek en besef dat alles voorafbepaal is. God beheer wyse mense en hulle dade, asook hulle gevoelens van liefde en haat. Niemand weet wat môre of oormôre gaan gebeur nie. |