Ecclesiastes 8:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit alles het ek gesien en my hart toegepas op elke werk wat onder die son gedoen word: daar is 'n tyd waarin die een oor die ander heers tot sy eie skade. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het dit alles gesien. Ek het aandag gegee aan alles wat onder die son gedoen word. Daar is ’n tyd wanneer een mens tot die nadeel van ’n ander mag uitoefen oor die ander. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit alles het ek gesien deurdat ek my hart gerig het op elke werk wat onder die son gedoen word, in 'n tyd waarin die een mens heers oor die ander tot sy ongeluk. |
| Afrikaans 1983 | Dit alles het ek gesien. Ek het aandag gegee aan alles wat in hierdie wêreld gebeur wanneer een mens mag oor 'n ander het om hom kwaad aan te doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit alles het ek gesien terwyl ek aandag gegee het aan elke werk wat onder die son gedoen word – in die tyd wanneer een mens beheer uitoefen oor 'n ander, tot sy nadeel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het dit alles gesien en ek het alles probeer verstaan wat mense in hierdie wêreld doen, in hierdie tyd wanneer mense oor ander mense regeer en hulle laat swaarkry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe ek oor alles in die lewe nagedink het, het ek besef sommige het baie mag en sommige nie. Dié wat nie mag het nie, moet altyd ly onder dié wat mag het. |