Ecclesiastes 8:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie die gebod bewaar, sal geen kwaad voel nie; en die hart van 'n wyse man onderskei tyd sowel as oordeel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wie doen wat hy sê, kom niks oor nie. Wyse mense weet wanneer en hoe om op te tree. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy wat die gebod onderhou, sal geen kwaad ondervind nie; en die hart van 'n wyse sal die tyd en die regterlike beslissing belewe. |
| Afrikaans 1983 | Wie 'n bevel gehoorsaam, beland nie in die moeilikheid nie. Wie wysheid het, weet wanneer en hoe hy moet handel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Wie 'n gebod nakom, sal nie kwaad ervaar nie; en die hart van 'n wyse ken tyd en beslissing.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As jy doen wat die koning sê, dan sal dit nie sleg gaan met jou nie. As jy wysheid het, dan sal jy weet wat is reg en jy sal weet wanneer jy iets mag doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Solank jy maar doen wat die regeerder sê, is jy veilig. Die wyse weet wat om op die regte tyd te sê en te doen. |