Ecclesiastes 8:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het ek al die werk van God aanskou, dat 'n mens nie die werk wat onder die son gedoen word, kan uitvind nie; ja verder; al dink 'n wyse man om dit te weet, tog sal hy dit nie kan vind nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | het ek al die werk van God gesien, en verstaan dat die mens nie in staat is om wat onder die son gebeur te verstaan nie. Hoe hy hom ook al inspan en soek, hy kan dit nie verstaan nie, al sê die wyse hy weet. |
| Afrikaans 1933/1953 | het ek gesien al die werk van God, dat die mens die werk wat gedoen word onder die son, nie kan uitvind nie, omdat die mens hom vermoei om te soek en tog niks uitvind nie; ja, al sou die wyse dink dat hy dit verstaan -- hy sal dit nie kan uitvind nie! |
| Afrikaans 1983 | Toe het ek al die werk van God begryp; die mens is nie in staat om wat in hierdie wêreld gebeur, te verstaan nie. Hoe hy hom ook al inspan en soek, hy verstaan nie. Al sê die wyse hy weet, kan hy nie verstaan nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het ek al die werk van God gesien. Die mens is nie in staat om die werk wat onder die son gedoen word te ontrafel nie. Hoe die mens hom ook al vermoei met soek, hy sal dit nie ontrafel nie. Selfs al gee die wyse voor om dit te weet, hy is nie in staat om dit te ontrafel nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En toe het ek gesien hoe God alles gemaak het, en ek het gesien dat mense hard probeer verstaan wat alles in hierdie wêreld gebeur, maar hulle kan dit nie verstaan nie. En ook wanneer 'n wyse mens sê dat hy dit verstaan, dan kan hy dit nie verstaan nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Uiteindelik moes ek opgee, want die mens kan nooit God se werk deurgrond nie. Al probeer hy hoe hard, sal hy die sin van die lewe nooit kan ontsluit nie. |