Ecclesiastes 8:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe ek my hart aangewend het om wysheid te ken en die werk te sien wat op die aarde gedoen word; (want daar is ook dat dag en nag geen slaap met sy oë sien nie). |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe ek my daarop toegelê het om vas te stel wat wysheid is en te begryp wat op die aarde gedoen word sonder dat mense dag of nag tot rus kom, |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe ek my hart daarop gerig het om wysheid te leer ken en om te aanskou die dinge wat op die aarde gedoen word -- ja, selfs bedags en snags niemand met sy oë die slaap sien nie -- |
| Afrikaans 1983 | So het ek my daarop toegelê om agter te kom wat wysheid is en om te begryp waarmee mense hulle op die aarde besig hou sonder dat hulle dag of nag tot rus kom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe ek my daaraan toegewy het om wysheid te ken, en om die taak te beskou wat op die aarde verrig word – terwyl 'n mens selfs dag en nag met sy oë geen slaap sien nie – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het hard probeer verstaan wat wysheid is en ek het probeer sien wat mense op die aarde doen, want hulle is baie besig en slaap amper nooit, nie in die dag of in die nag nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het dag en nag gewerk om die lewe en die dinge wat in die wêreld gebeur, te probeer begryp. |