Ecclesiastes 8:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het ek vrolikheid geprys, want 'n mens het niks beters onder die son as om te eet en te drink en vrolik te wees nie; want dit sal by hom bly van sy arbeid die dae van sy lewe wat God hom gee onder die son.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom raai ek mense aan om die lewe te geniet. Vir die mens is daar niks goeds onder die son nie, behalwe om te eet en te drink en vrolik te wees, en dat vreugde hom begelei onder al sy geswoeg tydens die lengte van sy lewe wat God hom onder die son gee.
Afrikaans 1933/1953 Daarom het ek die vreugde geprys, dat daar niks beters is vir die mens onder die son nie as om te eet en te drink en hom te verheug, en dat dit hom mag begelei by sy moeitevolle arbeid gedurende die dae van sy lewe wat God hom gee onder die son.
Afrikaans 1983 Ek het vreugde aanbeveel: daar is niks beter vir die mens in hierdie wêreld nie as dat hy eet en drink en vrolik is onder al sy geswoeg tydens die lewe wat God hom in hierdie wêreld gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom prys ek die plesier, want daar is niks beter vir die mens onder die son nie as om te eet en te drink en vrolik te wees. Dit moet hom vergesel by sy inspanning gedurende sy lewensdae wat God hom gee onder die son.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gesê dit is die beste om die lewe te geniet. Die beste wat 'n mens in hierdie wêreld kan doen, is om te eet en te drink en dinge te geniet. 'n Mens kan dit doen terwyl hy hard werk in die lewe wat God vir hom in hierdie wêreld gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het daarom besluit dat wat die mens eintlik nodig het, vreugde is. Niks is beter as om te eet en te drink en die lewe te geniet nie. Dít kan die mens help om die sinloosheid te verwerk van hierdie lewe wat God ons gegee het.