Ecclesiastes 8:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar is 'n nietigheid wat op die aarde geskied; dat daar regverdige mense is met wie dit gebeur volgens die werk van die goddelose; weer, daar is goddelose mense met wie dit gebeur volgens die werk van die regverdiges; Ek het gesê dat dit ook nietigheid is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar is nog iets sinloos wat op aarde gebeur: Goeie mense beleef wat slegte mense verdien. En slegte mense kry wat goeie mense verdien. Ook dit is sinloos, sê ek! |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is 'n nietigheid wat op die aarde gebeur, dat daar regverdiges is met wie dit gaan volgens die dade van die goddelose, en dat daar goddelose is met wie dit gaan volgens die dade van die regverdiges; so sê ek dan dat dit ook nietigheid is. |
| Afrikaans 1983 | Ook hier lei wat op die aarde gebeur, tot niks: oor regverdiges kom wat goddeloses toekom, oor goddeloses kom wat regverdiges toekom. Ook hierin, sê ek, kom dit tot niks. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar is iets sinloos wat op die aarde plaasvind: Daar is regverdiges met wie dit gaan volgens die optrede van die goddeloses; en daar is goddeloses met wie dit gaan volgens die optrede van die regverdiges. Ek sê dat ook dit sinloos is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar is iets wat op die aarde gebeur wat nie is soos dit moet wees nie: Daar is mense wat reg lewe, maar dan gebeur daar met hulle dinge wat moet gebeur met mense wat verkeerd doen. En daar is mense wat verkeerd doen, maar dan gebeur daar met hulle dinge wat moet gebeur met mense wat reg lewe. Ek sê dit is ook nie soos dit moet wees nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is egter verkeerd. Net die teenoorgestelde gebeur. Met goeie mense sal dit sleg gaan en met slegte mense goed. Dit wys net weer hoe absurd die lewe eintlik is. |