Ecclesiastes 8:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al doen 'n sondaar honderd maal kwaad en sy dae word verleng, tog weet ek tog dat dit goed sal gaan met die wat God vrees, wat voor Hom vrees;
Afrikaans (NLV) 2011 want ’n sondaar kan honderd keer kwaad doen en nogtans lank leef, alhoewel ek weet: Met die vromes wat vir God ontsag het, sal dit goed gaan.
Afrikaans 1933/1953 aangesien 'n sondaar honderd maal kwaad doen en hy lank lewe -- alhoewel ek weet dat dit goed sal gaan met die wat God vrees, omdat hulle voor sy aangesig vrees,
Afrikaans 1983 Al doen die sondaar ook hoeveel kwaad en leef hy nogtans lank, ek weet: met die vromes wat vir God dien, sal dit goed gaan;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) omdat 'n sondaar honderd keer kwaad kan doen, en lank lewe. Ja, ek weet ook: Dit sal goed gaan met hulle wat vir God ontsag het, omdat hulle vir Hom ontsag het;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want 'n sondaar kan 100 maal verkeerd doen en nog lank lewe. Maar dít weet ek ook: Dit sal goed gaan met die mense wat vir God respekteer en Hom dien,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Slegte mens kan selfs 100 misdade pleeg en nog steeds lank leef. Die mense sê mos altyd: “As jy vir God bang is, sal dit met jou goed gaan.