Ecclesiastes 8:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat die vonnis oor 'n slegte werk nie vinnig voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders ten volle daarop gerig om kwaad te doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ’n misdaad nie dadelik gestraf word nie, is mense se harte vol planne om verkeerd te doen, |
| Afrikaans 1933/1953 | Omdat die oordeel oor 'n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen; |
| Afrikaans 1983 | Omdat die verkeerde daad nie meteens gestraf word nie, hou mense eenvoudig aan om verkeerd te doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Omdat 'n vonnis oor 'n bose daad nie gou voltrek word nie, daarom is mense se harte in hulle vol daarvan om kwaad te doen – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer mense verkeerd gedoen het, en jy straf hulle nie dadelik nie, dan sal hulle aanhou om verkeerd te doen, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense doen maklik verkeerde dinge omdat dit lank vat voordat die skuldiges gestraf word. |