Ecclesiastes 8:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En so het ek die goddelose begrawe gesien, wat gekom en gegaan het uit die plek van die heilige, en hulle is vergeet in die stad waar hulle dit gedoen het; dit is ook nietigheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het gesien slegte mense kom nader en gaan in, terwyl dié wat reg gehandel het, moet uitgaan uit die heilige plek en in die stad vergeet word. Ook dit is sinloos. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het ek dan die goddelose sien begrawe word en die rus ingaan, terwyl die wat reg gehandel het, uit die heilige plek moes weggaan en in die stad vergeet is. Ook dit is dan nietigheid. |
| Afrikaans 1983 | Ek het gesien slegte mense word begrawe, en verdwyn, terwyl dié wat van die tempel af kom en reg gehandel het, ook in die stad vergeet word. Ook hier kom dit dus tot niks. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna het ek gesien: Goddeloses wat gewoond was om in en uit die heiligdom te gaan, word begrawe. Maar in die stad raak dié vergete wat reg opgetree het. Ook dit is sinloos. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het ook gesien dat mense wat verkeerd doen, sterf en begrawe word, hulle is weg vir altyd, mense vergeet dat hulle daar was. Maar die mense van 'n stad dink ook nie meer aan iemand wat van die tempel kom en reg gedoen het nie. Ook dít is nie soos dit moet wees nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het gesien hoe slegte mense begrawe word en hoe mense hulle prys, terwyl goeie mense uit hulle stad moet vlug en vergeet word. Dit wys net hoe sinloos en deurmekaar die lewe is. |