Ecclesiastes 8:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie is soos die wyse man? en wie weet die uitlegging van 'n saak? die wysheid van 'n mens laat sy aangesig skyn, en die vrymoedigheid van sy aangesig sal verander word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wie is soos die wyse mens? Wie kan verduidelik hoekom dinge gebeur? Wysheid laat jou gesig blink, dit versag ’n kwaai gesig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie is soos die wyse, en wie weet die verklaring van die dinge? Die wysheid van 'n mens verhelder sy gesig, en die hardheid van sy gesig word daardeur verander. |
| Afrikaans 1983 | Wie het werklik wysheid? Wie kan verklaar wat gebeur? Wysheid maak 'n mens vriendelik, dit verander 'n strak gesig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie is soos die wyse? En wie ken die betekenis van 'n saak? Die wysheid van 'n mens laat sy gesig straal en sy strak gelaat word verander. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wie het so baie wysheid dat hy kan sê wat alles beteken? Niemand. Wanneer 'n mens wysheid het, dan is hy vriendelik, wysheid laat hom sag word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie is regtig slim? En wie het die antwoord op al die vrae? Die mens wat baie weet, se gesig straal van vriendelikheid. |