Ecclesiastes 7:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Droefheid is beter as lag, want deur die droefheid van die aangesig word die hart beter.
Afrikaans (NLV) 2011 Droefheid is beter as om te lag; ’n droewige gebeurtenis laat ’n mens dikwels goed nadink.
Afrikaans 1933/1953 Om verdrietig te wees, is beter as om te lag; want as die gesig droewig is, gaan dit goed met die hart.
Afrikaans 1983 Droefheid is beter as lag; agter 'n somber gesig skuil 'n helder gees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Verdriet is beter as lag, want met 'n droewige gesig gaan dit goed met die hart.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is goed om te lag, maar dit is beter om hartseer te wees, want wanneer jou gesig wys dat jy swaarkry, dan wys dit dat jy goed dink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hartseer is beter as om te lag. Agter ’n strak gesig skuil soms ’n diep insig in die lewe.