Ecclesiastes 7:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, dit alleen het ek gevind, dat God die mens opreg gemaak het; maar hulle het baie uitvindsels gesoek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die één ding wat ek wel gevind het, is dit: God het die mense goed en opreg gemaak, maar hulle het allerlei slimmighede gesoek.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, net dit het ek uitgevind: dat God die mens reg gemaak het, maar hulle het baie slim planne gesoek. |
| Afrikaans 1983 | Die één ding wat ek wel gevind het, is dit: God het die mense goed en opreg gemaak, tog het hulle hulle besig gehou met allerlei slimmighede. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, al wat ek kon vasstel, is dat God die mensdom reg geskape het, maar hulle is op soek na allerlei slim verklarings. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar ek het een ding uitgevind: Ek het uitgevind dat God die mense goed gemaak het, maar die mense het sleg geword en hulle het baie skelm planne probeer maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het tot die slotsom gekom dat God die mens maar ’n eenvoudige wese gemaak het, maar dat hy altyd moeilike vrae vra. |