Ecclesiastes 7:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat my siel nog soek, maar ek vind nie; een man onder duisend het ek gevind; maar 'n vrou onder almal het ek nie gevind nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Wat ek nog altyd gesoek het, het ek nie gevind nie. Ek het wel een man uit duisend gevind. Maar só ’n vrou het ek nie onder al dié gevind nie.
Afrikaans 1933/1953 wat my siel lank gesoek het, maar wat ek nie gevind het nie: een mens uit duisend het ek gevind, maar 'n vrou het ek onder soveel nie gevind nie.
Afrikaans 1983 Wat ek nog altyd soek, het ek nie gevind nie. Ek het wel uit duisend mense een betroubare man gevind, maar so 'n vrou het ek onder hulle nie gevind nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat ek self bly soek het, maar nie gevind het nie, is: Een mens uit duisend het ek gevind, maar 'n vrou het ek tussen hulle almal nie gevind nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar ek het nie gekry wat ek gesoek het nie. Ek het by 1 000 mense een goeie man gekry, maar ek het by hulle almal nie een goeie vrou gekry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar is nog iets wat ek gesien en waarop ek geen antwoord het nie. En dit is dat jy dalk nog ’n goeie man tussen duisend mense sal kry, maar nie so ’n vrou nie.