Ecclesiastes 7:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek vind bitterder as die dood die vrou wie se hart strikke en nette is en haar hande soos bande; wie God behaag, sal van haar ontvlug; maar die sondaar sal deur haar gevang word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wat ek wel gevind het, is dat ’n vrou wat verlei, bitterder is as die dood. Haar hart is ’n gevaarlike vangnet. Haar hande is boeie. Wie voor God goed is, vermy haar, maar die sondaar word deur haar gevang. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek het iets uitgevind bitterder as die dood: die vrou wat strikke is, haar hart nette, haar hande boeie; hy wat goed is voor die aangesig van God, sal van haar vryraak, maar die sondaar word deur haar gevang. |
| Afrikaans 1983 | Ek het gevind: 'n vrou wat strikke stel vir mans, is erger as die dood self. Haar bekoorlikheid is 'n vangnet, in haar arms is jy 'n gevangene. Wie voor God reg lewe, vermy haar, maar die sondaar laat hom deur haar vang. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En dan vind ek gewoonlik: Bitterder as die dood is die vrou wat vangnette is; wie se hart sleepnette, wie se hande boeie is. Hy wat goed is voor God, sal aan haar ontkom; maar hy wat verkeerd doen, word deur haar gevang. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het iets gekry wat meer bitter is as die dood: Dit is wanneer 'n vrou jou vang soos 'n mens 'n voël in 'n vangnet vang, en wanneer sy jou so vashou dat jy nie kan loskom nie. As God goed is vir jou, dan kan jy vry wegkom van haar. Maar 'n sondaar kan nie wegkom van haar nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het wel iets ontdek wat erger as die dood is. En dit is dat ’n slegte vrou soos ’n valstrik is. Haar hart is soos ’n vangnet en haar hande soos boeie. As God van jou hou, sal jy van haar kan ontsnap, maar die dwaas val in haar strikke. |