Ecclesiastes 7:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het my hart toegepas om te weet en te ondersoek en om wysheid en die rede van dinge te soek, en om die boosheid van dwaasheid, ja, dwaasheid en dwaasheid te ken.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het alles moontlik probeer om te wete te kom, na te vors en te ondersoek wat wysheid en insig is, en om die dwaasheid van goddeloosheid te verstaan, en dwaasheid as malligheid te ken.
Afrikaans 1933/1953 Ek het my daartoe gewend en my hart gerig om te weet en na te speur, en wysheid en 'n slotsom te soek, en om so die goddeloosheid as dwaasheid en die dwaasheid as onverstandigheid te leer ken.
Afrikaans 1983 Ek het my opnuut daaraan gewy om te wete te kom, na te vors en te ondersoek wat wysheid en insig is, en ek het toe vasgestel dat goddelose optrede dwaasheid is, dat onverstandige optrede geen doel dien nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het my hart daaraan oorgegee om te ken en na te vors, om na wysheid en verklaring te soek, om die kwaad van onkunde, en die dwaasheid as domheid, te leer ken.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het hard probeer om te weet en te soek en te kyk of ek wysheid kan kry en of ek dinge kan ken. Ek wou weet of 'n mens 'n dwaas is wanneer hy verkeerd doen en of 'n mens mal is wanneer hy dwase dinge doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het toe weer begin studeer en navorsing oor wysheid en dwaasheid gedoen. Ek wou weet hoe ’n mens moet leef en wat die gevolg van ’n slegte lewe is.