Ecclesiastes 7:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit alles het ek met wysheid beproef: Ek het gesê: Ek sal wys wees; maar dit was ver van my af. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het dit alles met die hulp van wysheid getoets. Ek wou regtig wys wees, maar kon dit nie regkry nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit alles het ek met wysheid op die proef gestel; ek het gesê: Ek wil wys word, maar dit het ver van my gebly. |
| Afrikaans 1983 | Ek het alles met die hulp van wysheid getoets. Ek wou wysheid bekom, maar dit het buite my bereik gebly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit alles het ek met wysheid op die proef gestel. Ek het gesê, ek wil wys wees, maar dit het buite my bereik gebly. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het wysheid gebruik en ek het al die dinge getoets. Ek het gesê ek wil wysheid hê, maar die wysheid het ver weg van my gebly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het al my kennis en insig gebruik om die lewe te verstaan, maar ek kon nie. |