Ecclesiastes 7:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is beter om na die huis van rou te gaan as om na die huis van maaltyd te gaan; want dit is die einde van alle mense; en die lewende sal dit aan sy hart lê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dis beter om na ’n huis te gaan waar gerou word. Die dood is elkeen se bestemming. En elkeen wat nog lewe, kan dit ter harte neem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is beter om te gaan na 'n klaaghuis as om te gaan na 'n huis van maaltyd; want die eerste is die einde van al die mense, en die lewende kan dit ter harte neem. |
| Afrikaans 1983 | Dit is beter om na 'n huis toe te gaan waar daar gerou word as na 'n huis waar daar feesgevier word. Elkeen wat lewe, moet ter harte neem wat die uiteinde van die mens is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is beter om te gaan na 'n huis waar gerou word, as om te gaan na 'n huis waar fees gevier word; want in 'n huis waar gerou word, eindig alle mense, en die lewende moet dit ter harte neem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is goed om na 'n huis te gaan waar die mense feesvier, maar dit is beter om na 'n huis te gaan waar die mense rou. Want al die mense moet sterf, en die mense wat lewe, moet dit onthou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is beter om na ’n plek van rou te gaan as na ’n plek waar mense partytjie hou. Elkeen se sterfdag wag vir hom. Daarmee moet die mens rekening hou. |