Ecclesiastes 7:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Alles het ek gesien in die dae van my nietigheid: daar is 'n regverdige wat in sy geregtigheid omkom, en daar is 'n goddelose wat sy lewe in sy boosheid verleng. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In my lewe van sinloosheid het ek alles gesien: Die regverdige gaan dood, al doen hy wat reg is; ’n bose mens geniet ’n lang lewe, al doen hy verkeerd. |
| Afrikaans 1933/1953 | Alles het ek gesien in die dae van my nietigheid: daar is 'n regverdige wat ondanks sy regverdigheid omkom, en daar is 'n goddelose wat ondanks sy goddeloosheid lank lewe. |
| Afrikaans 1983 | In my lewe wat tot niks gekom het nie, het ek alles gesien: 'n regverdige gaan onder al doen hy reg, 'n goddelose geniet 'n lang lewe, al doen hy verkeerd. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit alles het ek gesien in my sinlose lewensdae: Daar is 'n regverdige wat deur sy regverdigheid omkom; en daar is 'n goddelose wat deur sy goddeloosheid lank lewe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My lewe beteken niks, maar ek het alles gesien. Ek het gesien dat 'n persoon reg lewe en dat hy sterf terwyl hy reg lewe, en ek het gesien dat iemand verkeerd doen, maar dat hy lank lewe terwyl hy slegte dinge doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In my sinlose lewe het ek gesien dat goeie mense vroeg doodgaan, terwyl slegte mense lank leef. Dit maak nie eintlik saak of jy goed of sleg leef nie. |