Ecclesiastes 7:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wees bly op die dag van voorspoed, maar let op in die dag van teëspoed: God het ook die een teenoor die ander gestel, sodat die mens niks ná hom sou vind nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Geniet die dag van voorspoed. Maar wanneer teëspoed kom, onthou, God gee die een sowel as die ander sodat die mens nie sal weet wat met hom sal gebeur nie.
Afrikaans 1933/1953 Wees goedsmoeds op die dag van voorspoed, en op die dag van onheil, bedink dan: Ook hierdie dag het God gemaak net soos daardie, daarom dat die mens nsy dood niks meer sal ontdek nie.
Afrikaans 1983 Wees bly op die dag van voorspoed, en as daar 'n dag van teëspoed kom, sien dit so: soos die een het God ook die ander gegee, sodat die mens nie sal weet wat vir hom voorlê nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As dit die dag goed gaan, geniet die voorspoed, maar as dit die dag sleg gaan, besef: Ook hierdie dag het God gemaak net soos daardie een; gevolglik kan die mens nie enigiets ontdek wat in die toekoms wag nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer dit goed gaan, dan moet jy dit geniet, en wanneer dit sleg gaan, dan moet jy onthou: God het die goeie én die slegte dinge laat gebeur, sodat 'n mens nie sal weet wat later sal gebeur nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God laat die goeie en die slegte gebeur. Of dit goed of sleg gaan, onthou, albei kom van God af. Niemand weet wat môre of oormôre gaan gebeur nie.