Ecclesiastes 7:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want wysheid is 'n beskutting en geld is 'n beskutting, maar die voortreflikheid van kennis is dat wysheid lewend maak aan die wat dit het.
Afrikaans (NLV) 2011 Wysheid beskerm jou soos geld beskerming bied. Maar die voordeel van kennis is dat wysheid die lewe van hom wat dit besit, beskerm.
Afrikaans 1933/1953 Want wysheid is 'n beskutting, geld is 'n beskutting; maar die voordeel van kennis is: die wysheid hou die besitter daarvan in die lewe.
Afrikaans 1983 Wysheid bied beskerming soos geld beskerming bied; kennis en wysheid verryk die lewe van hom wat dit besit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want die wysheid bied beskutting. Geld bied beskutting, maar die voordeel daarvan om die wysheid te ken, is: Die wysheid hou dié wat haar besit, lewend.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want wysheid beskerm jou soos geld jou beskerm. Wanneer iemand weet hoe om te lewe, dan gee wysheid vir hom 'n lang lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Geld kan jou baie help, so ook die insig om reg te leef. Insig is beter, want dit kan jou ook gelukkig maak.