Ecclesiastes 6:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Beter is die aanskoue van die oë as die omswerwing van die begeerte: dit is ook nietigheid en gejaagdheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Wat ’n mens se oë kan sien, is beter as ’n swerwende begeerte. Ook dit is dus sinloos, ’n blote gejaag na wind.
Afrikaans 1933/1953 Die aanskouing met die oë is beter as die geswerf van die begeerte. Ook dit is tevergeefs en 'n gejaag na wind.
Afrikaans 1983 Wat die mens het, is beter as wat hy begeer. Ook hier kom dit tot niks. Dit is 'n gejaag na wind.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Om met die oë te geniet, is beter as onvervulde begeertes. Ook dit is sinloos en 'n gejaag na wind.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die dinge wat 'n mens kan sien, is beter as die dinge waarna jy aanhou verlang. Ook dít is nie soos dit moet wees nie. Mense jaag wind.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Absoluut niks nie. Dit is ’n gejaag agter wind aan, want dit is beter om iets te besit as om voortdurend daarna te smag.