Ecclesiastes 6:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want wat het die wyse meer as die dwaas? wat het die arme wat weet om voor die lewendes te wandel? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Watter voordeel het die man van wysheid bo die dwaas? Watter voordele het die arme wat weet hoe hy hom moet gedra tussen mense wat nog lewe? |
| Afrikaans 1933/1953 | Want watter voorkeur het die wyse bo die dwaas, watter voorkeur die arme wat weet om hom te beweeg onder die lewendes? |
| Afrikaans 1983 | Watter voordeel het die man met wysheid bo die dwaas? Wat help dit die arme om te weet hoe hy hom moet gedra? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, watter voordeel is daar vir die wyse bo die dwaas? Watter voordeel is daar vir die magtelose wanneer hy weet hoe om hom te gedra teenoor die wêreld? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party mense het miskien wysheid, maar dit gaan nie beter met hulle as met dwase nie. En dit gaan ook nie beter met die arm mens wat weet hoe om reg te lewe tussen ander mense nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoe is ’n wyse beter daaraan toe as ’n dwaas? En watter waarde het dit vir ’n arme om reg te leef? |