Ecclesiastes 6:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As iemand honderd kinders verwek en baie jare lewe, sodat die dae van sy jare baie word en sy siel nie met goed vervul word nie, en ook dat hy geen begrafnis het nie; Ek sê, 'n ontydige geboorte is beter as hy. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Man kan honderd kinders hê en baie oud word, maar maak nie saak hoe lank hy lewe nie, as hy nie sy welvaart kan geniet en ’n goeie begrafnis kry nie, dan is ’n doodgebore baba beter daaraan toe as hy. |
| Afrikaans 1933/1953 | As 'n man honderd kinders verwek en baie jare lewe en die dae van sy jare baie is en sy siel nie genoeg kry van die goeie en hy ook nie 'n begrafnis het nie, dan sê ek: 'n Misgeboorte is beter as hy, |
| Afrikaans 1983 | 'n Man kan honderd kinders hê en baie lank lewe, maar hoe oud hy ook al word, as hy nie die goeie dinge kan geniet nie en nie eens in 'n graf begrawe word nie, is 'n doodgebore baba beter daaraan toe as hy. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As iemand honderd kinders verwek en baie jare leef – hoe baie sy lewensjare ook al is – maar sy begeerte na die goeie nie versadig word nie, en daar ook nie 'n begrafnis vir hom is nie, dan sê ek: 'n Misgeboorte is beter as hy! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Mens het miskien 100 kinders en hy kan lank lewe, hy kan baie oud word, maar as hy nie genoeg kan geniet van die goeie dinge nie en as niemand hom begrawe nie, dan sê ek: 'n Kind wat doodgebore is, is gelukkiger as so 'n mens. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand mag baie kinders hê en lank leef, maar as hy nie die goeie van die lewe kan geniet nie en ook nie ’n behoorlike begrafnis kry nie, was alles tevergeefs. Iemand wat doodgebore is, is dan beter daaraan toe as hy. |