Ecclesiastes 6:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Man aan wie God rykdom en eer gegee het, sodat hy niks vir sy siel ontbreek van alles wat hy begeer nie, maar God gee hom nie mag om daarvan te eet nie, maar 'n vreemdeling eet dit: dit is nietigheid, en dit is 'n bose siekte.
Afrikaans (NLV) 2011 God gee aan mense rykdom, besittings en eer. Hy gee hulle alles wat hulle ooit nodig kan hê. Maar God laat hulle nie toe om dit te geniet nie. ’n Vreemdeling sal dit geniet. Ook dít is sinloos, soos verterende kwaad!
Afrikaans 1933/1953 'n Man aan wie God rykdom en skatte en eer gee, sodat hom niks ontbreek van alles wat hy kan begeer nie, maar God stel hom nie in staat om daarvan te geniet nie, want 'n vreemde geniet dit; dit is vergeefse moeite en 'n bitter lyding.
Afrikaans 1983 God gee aan iemand rykdom, besittings en eer, en so iemand kom niks kort van wat hy begeer nie, maar God laat hom nie daarvan geniet nie, en iemand anders gebruik dit. Ook hier kom dit tot niks. Dit is bitter swaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n man aan wie God rykdom, besittings en eer gee sodat hy niks kortkom van alles wat hy begeer nie, maar God gee hom nie die geleentheid om daarvan te geniet nie, omdat 'n vreemde persoon dit geniet. Dit is sinloos en 'n bitter lyding.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God laat 'n mens ryk word en Hy laat dit goed gaan met hom, en ander mense respekteer hom. Hy het alles wat hy graag wil hê, maar God laat hom dit nie geniet nie, iemand uit 'n ander land kom en daardie persoon geniet dit. Dit is nie soos dit moet wees nie, dit is 'n baie slegte ding.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God gee aan iemand rykdom, besittings en ’n baie goeie naam sodat hy aan niks ’n tekort het nie, maar Hy laat hom nie toe om dit te geniet nie. ’n Vreemdeling kom en geniet dit dan. So iets is bitter swaar om te verstaan. Dit maak die lewe sinloos.