Ecclesiastes 6:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want wie weet wat goed is vir die mens in hierdie lewe, al die dae van sy ydele lewe wat hy deurbring soos 'n skaduwee? want wie kan 'n mens sê wat ná hom onder die son sal wees?
Afrikaans (NLV) 2011 Wie weet wat goed is vir die mens in die lewe, in die klompie sinlose dae wat hy soos ’n skaduwee deurbring? Wie kan vir ’n mens sê wat ná hom onder die son sal gebeur?
Afrikaans 1933/1953 Want wie weet wat goed is vir die mens in die lewe gedurende die getal dae van sy nietige lewe wat hy soos 'n skaduwee deurbring? Want wie kan aan die mens bekend maak wat nhom sal wees onder die son?
Afrikaans 1983 Wie weet wat vir die mens goed is in die lewe, in die dae wat tot niks lei nie, wat hy soos 'n skaduwee deurbring? Wie kan vir 'n mens sê wat ná hom in hierdie wêreld sal gebeur?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, wie weet wat goed is vir die mens in die lewe gedurende sy min, sinlose lewensdae wat hy deurbring asof dit 'n skaduwee is? Wie is dit wat die mens kan inlig oor wat ná hom sal gebeur onder die son?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want wie weet wat goed is vir 'n mens terwyl hy lewe? Sy lewe beteken niks en dit gaan verby soos 'n skaduwee. Wie kan vir 'n mens sê wat in hierdie wêreld sal gebeur as hy self nie meer lewe nie? Niemand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie weet wat vir die mens goed is in sy kort lewe wat soos ’n skaduwee verbytrek? Wie weet wat hier op aarde gaan gebeur?