Ecclesiastes 6:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat was, word reeds genoem, en dit is bekend dat dit 'n mens is; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wat ook al gebeur het, is vooraf bepaal. Dis bekend wat die mens is. Hy kan nie ’n regstryd voer met die Een wat sterker is as hy nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wat hy ook is, lankal is sy naam genoem, en dit is bekend dat hy mens is: hy kan nie in die gereg gaan met Hom wat sterker is as hy nie. |
| Afrikaans 1983 | Wat 'n mens is, word reeds met die naam mens gesê, dit is bekend wat hy is: hy is mens. Hy kan nie 'n regstryd voer met die Een wat sterker as hy is nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat bestaan, is lankal reeds benoem. Dit is bekend dat hy “mens” is, en hy kan nie 'n regstryd begin met Een wat magtiger as hy is nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het lank gelede gesê wat nou moet gebeur. Almal weet wat 'n mens is, 'n mens kan nie vir God na die hof vat nie, God is sterker as 'n mens. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Alles is vooraf bepaal. Wat kan ’n mens daaraan doen? Wie kan tog teen iemand veg wat sterker as jy is? |