Ecclesiastes 5:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die wins van die aarde is vir almal: die koning self word gedien deur die veld. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mense wat geld liefhet, kry nooit genoeg daarvan nie. Mense wat van rykdom hou, is nooit tevrede met hulle inkomste nie. Ook dit is sinloos. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy wat geld liefhet, kry nie genoeg van geld nie, en wie rykdom liefhet, nie van inkomste nie; ook dit is dan tevergeefs. |
| Afrikaans 1983 | Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie. Ook hier kom dit tot niks. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie geld liefhet, kry nie genoeg van geld nie, en wie aan rykdom geheg is, van inkomste nie. Ook dit is sinloos. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense wat lief is vir geld, wil altyd nog meer geld hê. Mense wat graag ryk wil wees, sny baie koring af, maar dit is nooit genoeg vir hulle nie. Ook dít is nie reg nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As jy lief is vir geld, sal jy altyd nog meer wil hê. As jy baie besittings wil hê, sal jy nooit genoeg kry nie. Dit is sinloos. Alles kom tot niks. |