Ecclesiastes 5:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As jy die verdrukking van die armes en gewelddadige verdraaiing van reg en geregtigheid in 'n provinsie sien, verwonder jou nie oor die saak nie, want hy wat hoër is as die hoogste ag, en daar is hoër as hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 En onder alles is die voordeel vir ’n land dit: dat ’n koning aan die landbou diensbaar word.
Afrikaans 1933/1953 Maar 'n voordeel vir 'n land onder alles is dit: 'n koning wat aan die landbou diensbaar word.
Afrikaans 1983 Maar dit is tot voordeel van 'n land in sy geheel dat almal aan die koning onderdanig is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die voordeel vir 'n land, te midde van dit alles, is 'n koning wat sorg dat lande bewerk word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is die beste vir 'n land as 'n koning regeer oor mense wat almal in die grond werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As ’n regeerder in sulke omstandighede ten minste nog die boere help en bystaan, is dit ’n stukkie genade.