Ecclesiastes 5:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat jou mond nie toe om jou vlees te laat sondig nie; en sê jy nie voor die engel dat dit 'n dwaling was nie. Waarom sou God toornig wees vir jou stem en die werk van jou hande vernietig?
Afrikaans (NLV) 2011 Want soos daar baie drome is wat sinloos is, so is daar ook baie woorde. Maar jy moet ontsag hê vir God.
Afrikaans 1933/1953 Want soos daar baie drome is, so is daar ook nietige woorde in menigte, maar vrees God!
Afrikaans 1983 Daar is baie drome, baie wat tot niks kom nie, ook baie woorde. Maar dien jy vir God!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want waar baie drome en onsinnighede is, is daar meer woorde. Ja, vrees God!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense droom baie en hulle praat baie, en wat hulle sê, is nie soos dit moet wees nie. Maar jy moet vir God respekteer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Pas op vir ydele droompraatjies, want dit maak ’n mens net vol van jouself. Dien God eerder met groot eerbied.