Ecclesiastes 5:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En elke mens aan wie God rykdom gegee het en aan hom mag gegee het om daarvan te eet en sy deel te neem en hom te verheug in sy arbeid; dit is die gawe van God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle kry min tyd om na te dink oor hulle lewe, want God maak hulle dae vol blydskap. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want hy dink nie baie aan sy lewensdae nie, omdat God hom laat besig wees met die vreugde van sy hart. |
| Afrikaans 1983 | So 'n mens dink skaars na oor wat in sy lewe gebeur, so vol is hy van die blydskap wat God gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want hy dink nie baie aan sy lewensdae nie: God laat hom besig bly met wat sy hart verbly. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | So 'n persoon sal nie baie terugdink aan wat in sy lewe gebeur het nie, want hy is besig met die baie goeie dinge wat God vir hom gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As God hom bly en gelukkig maak, dink hy glad nie aan hoe kort en swaar die lewe is nie. |