Ecclesiastes 5:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk wat ek gesien het: dit is goed en lekker vir iemand om te eet en te drink en die goeie te geniet van al sy arbeid wat hy onder die son verrig al die dae van sy lewe wat God hom gee; want dit is sy deel.
Afrikaans (NLV) 2011 En as God aan mense rykdom en besittings gee, en die vermoë om dit te geniet, is dit ook ’n geskenk uit sy hand dat ’n mens jou werk geniet en jou deel in die lewe aanvaar.
Afrikaans 1933/1953 Ook vir elke mens aan wie God rykdom en skatte gegee het, en wat Hy in staat stel om daarvan te eet en sy deel te neem en hom te verheug by sy moeitevolle arbeid, is dit 'n gawe van God.
Afrikaans 1983 God gee aan 'n mens rykdom en besittings en laat hom dit geniet. God laat die mens sy deel ontvang en sy werk met vreugde doen. Dit is 'n gawe van God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) boonop, dit geld vir elke mens aan wie God rykdom en besittings gee en vir wie Hy die geleentheid gee om daarvan te geniet, om dit as sy beloning te ontvang en vrolik te wees by sy inspanning. Dit is 'n gawe van God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer God 'n mens ryk laat word en dit goed laat gaan met hom, en die mens kan eet en daarvan gebruik en hy kan die dinge geniet waarvoor hy hard gewerk het, dan is dit 'n present van God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer God die mens rykdom gee en hom boonop toelaat om dit te geniet en hom vreugde tussen al die swaarkry hier op aarde gee, is dit ’n spesiale geskenk van God.