Ecclesiastes 5:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En al sy dae eet hy in die duisternis, en hy het baie droefheid en toorn deur sy siekte.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar ek het darem ook iets goeds opgemerk: Dit is goed dat mense lekker eet en wyn drink en hulle werk geniet, wat hulle ook al onder die son doen, gedurende die tydjie wat God hulle laat lewe. Dit is hulle deel op aarde.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, wat ek as 'n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel.
Afrikaans 1983 Ek het ook iets gesien wat goed is: dit is aangenaam om te eet en te drink en die lewe te geniet onder al die geswoeg op hierdie wêreld. Dit kom 'n mens toe vir die hele leeftyd wat God hom skenk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, wat ek gesien het, wat goed en mooi is, is om te eet en te drink en te geniet wat goed is by al die inspanning waarmee iemand hom afsloof onder die son gedurende die min lewensdae wat God vir hom gee, want dit is sy beloning;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar ek het ook iets gesien wat goed is: Dit is lekker om te eet en te drink en goeie dinge te geniet wanneer 'n mens sy hele lewe lank hard werk in hierdie wêreld. Dit is iets wat God vir hom gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die allerbeste ding wat met ’n mens in sy lewe kan gebeur, is om te eet en te drink en die goeie dinge tussen al die swaarkry deur te geniet. Dit is die mens se enigste erfporsie hier op aarde.