Ecclesiastes 5:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit is ook 'n groot onheil, dat hy in alle opsigte sal gaan soos hy gekom het; en watter baat het hy wat vir die wind gewerk het? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Lewenslank lewe hulle in die duister, in smart, ellende en bitterheid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook eet hy sy lewe lank in duisternis en het baie ergernis; daarby sy lyding en toorn! |
| Afrikaans 1983 | Hy slyt die res van sy lewe in die donker, in smart, ellende en bitterheid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Selfs al eet hy sy lewe lank in die donker; hy vermeerder net verdriet, sy siekte en die grimmigheid. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die slegste is dat só iemand sy hele lewe lank in die donker bly. Dit beteken: Hy kry swaar, hy is baie siek en hy is kwaad vir alles. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Bowendien is sy hele lewe ook vol swaarkry, kommer en pyn. |