Ecclesiastes 5:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Soos hy uit die skoot van sy moeder uitkom, sal hy naak teruggaan om te gaan soos hy gekom het, en hy sal niks van sy arbeid neem wat hy in sy hand kan wegdra nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Dis ook onregverdig: Soos mense gekom het, so gaan hulle. Wat help dit dat hy hom vir wind afgesloof het?
Afrikaans 1933/1953 So is dit dan ook 'n smartlike onheil: net soos hy gekom het, so sal hy heengaan; watter voordeel het hy dan dat hy hom vermoei het vir wind?
Afrikaans 1983 Ook dit is 'n bitter swaar ding: presies soos hy gekom het, so gaan hy. Wat help dit dat hy hom vir wind afgesloof het?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, dit is ook 'n siek euwel: Net soos hy gekom het, so gaan hy heen. Watter voordeel is daar vir hom dat hy hom vir wind afsloof?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ook dít is 'n baie slegte ding: 'n Mens gaan uit die wêreld soos hy ingekom het. Hy hou niks oor van alles waarvoor hy hard gewerk het nie, dit was soos wind.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Net soos hy met leë hande in die wêreld gekom het, verlaat hy dit ook weer met leë hande. Dit is mos nie reg nie, want watter nut het al sy harde werk dan?