Ecclesiastes 5:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar daardie rykdom vergaan deur slegte arbeid, en hy verwek 'n seun, en daar is niks in sy hand nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Mens kom kaal die wêreld in, so gaan hy ook die wêreld uit. Daar is niks wat hy kan saamvat vir al sy moeite nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Soos hy uit die skoot van sy moeder uitgegaan het, gaan hy naak weer heen soos hy gekom het; en hy sal vir sy moeitevolle arbeid niks wegdra wat hy met hom kan saamneem nie. |
| Afrikaans 1983 | Self gaan hy kaal uit die wêreld uit soos hy daarin gekom het. Hy kan niks met hom saamneem vir al sy inspanning nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos wat hy naak uit die skoot van sy moeder gekom het, sal hy weer heengaan soos hy gekom het. Hy sal niks saamneem vir sy inspanning nie, niks wat hy met sy hand kan dra nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer die persoon sterf, dan het hy niks. Hy is kaal gebore en hy sterf kaal. Hy neem niks saam met hom wat wys dat hy hard gewerk het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Soos hy sonder enige besittings gebore is, so gaan hy dan ook sonder enige besittings dood. Ten spyte van al sy harde werk kan hy niks saamvat nie. |