Ecclesiastes 5:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar is 'n groot onheil wat ek onder die son gesien het, naamlik rykdom wat vir die eienaars daarvan bewaar word tot hulle skade.
Afrikaans (NLV) 2011 Net een ongelukkige transaksie, en hy verloor die rykdom. As hy die vader van ’n seun is, het hy niks om vir sy seun na te laat nie.
Afrikaans 1933/1953 Gaan hierdie rykdom verlore deur 'n ongeval, en het hy 'n seun verwek, dan besit die niks nie.
Afrikaans 1983 Hy doen verkeerd sake en verloor die rykdom. Hy het intussen die vader van 'n seun geword en dié kry dan niks nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hierdie rykdom het verlore gegaan deur swak besigheid. Hy het 'n seun verwek, maar dié sit sonder iets in sy hand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Een slegte ding gebeur, en dan is sy goed weg. Hy het miskien 'n kind, maar sy kind kry niks.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Iemand doen ’n slegte transaksie en verloor alles. Dan is daar niks vir sy kinders oor nie.