Ecclesiastes 5:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer goed vermeerder word, word die wat dit eet, vermeerder;
Afrikaans (NLV) 2011 Mense wat hard werk, slaap goed, maak nie saak of hulle baie of min eet nie. Maar die skatte van ryk mense laat hulle nie toe om rustig te slaap nie.
Afrikaans 1933/1953 Soet is die slaap van die arbeider, of hy min en of hy baie eet; maar die oorversadiging van die ryke laat hom nie toe om te slaap nie.
Afrikaans 1983 Die slaap van die arbeider is soet, of hy min eet of baie, maar die oorvloed van die ryke laat hom onrustig slaap.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die arbeider se slaap is soet, of hy min of baie eet; maar die oormaat van die ryke gun hom geen rus nie, sodat hy nie kan slaap nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man wat hard moet werk, slaap goed wanneer hy min eet en ook wanneer hy baie eet, maar die ryk mens eet te veel en hy kan nie slaap nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Of sy maag nou vol is of nie, ’n werker slaap altyd lekker. ’n Ryke slaap min, want hy is oor besittings bekommerd. Ook dit kom tot niks.