Ecclesiastes 4:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ja, hy is beter as hulle albei wat nog nie was nie, wat die bose werk wat onder die son gedoen word, nie gesien het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die gelukkigste van almal is mense wat nog nie gebore is en nie die onreg gesien het wat onder die son gedoen word nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | en gelukkig bo hulle altwee hom wat nog nie gewees het en die verkeerde werk wat onder die son plaasvind, nie gesien het nie. |
| Afrikaans 1983 | maar die gelukkigste van almal is dié wat nog glad nie gebore is en nog nie al die onreg gesien het wat op hierdie wêreld gedoen word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en beter daaraan toe as hulle almal is dié wat nog nie daar was nie, wat nog nie die slegte dade gesien het wat onder die son gepleeg word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar wie is gelukkiger as hulle almal? Dit is die mense wat nog nie gebore is nie. Hulle is gelukkiger, want hulle het nie al die slegte dinge gesien wat mense in hierdie wêreld doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van almal is die mense wat nog nie gebore is nie, die gelukkigste, want hulle het nog nie al die slegte dinge op aarde gesien nie. |