Ecclesiastes 4:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het ek die dooies wat reeds dood is, meer geprys as die lewendes wat nog lewe.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom het ek gedink mense wat reeds dood is, is gelukkiger as dié wat nog lewe.
Afrikaans 1933/1953 Daarom het ek die dooies wat lankal gesterf het, gelukkig geprys bo die lewendes wat nog lewe,
Afrikaans 1983 Toe het ek gedink dié wat klaar dood is, is gelukkiger as dié wat nog lewe,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het die dooies wat lankal gesterf het, as gelukkig geprys bo dié wat nog leef;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het toe gedink die mense wat klaar dood is, is gelukkiger as die mense wat nog lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek beny daardie mense wat klaar dood is, want hulle is beter daaraan toe as dié wat nog leef.