Ecclesiastes 4:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar is geen einde aan die hele volk nie, ook aan almal wat voor hulle was; ook die wat daarna kom, sal nie in Hom bly wees nie. Waarlik ook dit is nietigheid en kwelling van die gees.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was nie ’n einde aan al die mense oor wie hy regeer het nie. Tog sal die nageslag nie met vreugde aan hom dink nie. Ook dit is alles sinloos, ’n blote gejaag na wind.
Afrikaans 1933/1953 daar was geen einde aan al die mense, aan almal aan wie se hoof hy gestaan het nie. Tog sal die nageslag hulle nie oor hom verbly nie; so is dit ook tevergeefs en 'n gejaag na wind. [ (Ecclesiastes 4:17) Gee ag op jou voet as jy na die huis van God gaan, want om nader te kom en te hoor, is beter as dat dwase 'n slagoffer bring; want hulle het geen verstand nie, sodat hulle kwaad doen. ]
Afrikaans 1983 Die mense oor wie hy geregeer het, was te veel om te tel. Tog het die nageslag nie met vreugde aan hom gedink nie. Ook hier kom dit dus tot niks. Dit is 'n gejaag na wind.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar was nie 'n einde aan al die mense wat elke vorige koning ondersteun het nie; tog sal die mense in die toekoms nie oor die jong man verheug wees nie. Ja, ook dit is sinloos en die najaag van wind.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is altyd mense wat graag 'n nuwe koning wil dien, maar later hou hulle nie meer van hom nie. Ja, ook dít is nie soos dit moet wees nie, almal jaag wind.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Baie mense het van hom gehou, maar volgende geslagte het nie eens meer aan hom gedink nie. Dit wys net hoe sinloos alles is. Alles kom tot niks.