Ecclesiastes 3:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sien ek dat daar niks beters is as dat 'n mens bly is oor sy eie werke nie; want dit is sy deel; want wie sal hom bring om te sien wat ná hom sal wees?
Afrikaans (NLV) 2011 Ja, ek het agtergekom dat daar niks beter is nie as dat mense gelukkig is in hulle werk. Dit kom die mens toe. Wie kan hom laat weet wat ná hom sal gebeur?
Afrikaans 1933/1953 So het ek dan gesien dat daar niks beters is as dat die mens hom verheug in sy werke nie, want dit is sy deel; want wie sal hom daartoe bring dat hy kan sien wat nhom sal wees?
Afrikaans 1983 Ek het gesien dat daar niks beter is nie as dat die mens vreugde vind in sy werk; dit is wat hom toekom. Wie kan hom laat sien wat ná hom sal gebeur?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het gesien dat daar niks beter is nie as dat die mens vreugde vind in sy werk, want dit is sy beloning. Ja, wie kan hom daartoe bring om te sien wat ná hom sal gebeur?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gesien dit is die beste vir 'n mens dat hy sy werk moet geniet, dit is sy beloning. Wie kan vir 'n mens wys wat ná hom sal gebeur?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die lewe het my geleer dat die mens dit waarmee hy hom elke dag besig hou, maar moet geniet. Hy kan eintlik nie iets anders nie, want niemand weet wat hierna in die dood gaan gebeur nie.