Ecclesiastes 3:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want wat die mensekinders tref, tref die diere; selfs een ding oorkom hulle: soos die een sterf, so sterf die ander; ja, hulle het almal een asem; sodat 'n mens geen voorrang bo 'n dier het nie, want alles is nietigheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Die mens se lot is dieselfde as die dier s’n. Die een gaan dood, nes die ander. Hulle deel dieselfde asem. Die mens het geen voordeel bo diere nie, want alles is sinloos.
Afrikaans 1933/1953 Want die lot van die mensekinders is ook die lot van die veediere: hulle het een en dieselfde lot; soos die een sterwe, so sterwe die ander, en hulle almal het dieselfde asem, en 'n voorkeur van die mens bo die veediere is daar nie; want alles is tevergeefs.
Afrikaans 1983 Een en dieselfde lot tref mens en dier, hulle gaan almal dood, die een soos die ander. Almal het net een asem. Die mens is nie beter daaraan toe as die dier nie. Alles kom tot niks.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want die lot van mense en die lot van diere – vir hulle is daar net een lot. Soos die een sterf, so sterf die ander – hulle het almal dieselfde lewensasem. 'n Voordeel van die mens bo die dier bestaan nie, want alles is sinloos.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want dieselfde dinge gebeur met mense en met diere, mense sterf soos diere sterf. Almal moet asemhaal. Die mense is nie anders as die diere nie, want niks is soos dit moet wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat met ’n mens gebeur, gebeur ook met ’n dier. Die een gaan net soos die ander dood. Albei het dieselfde asem. Die mens is nie beter as die dier nie. Die lewe is regtig sinloos.