Ecclesiastes 3:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het ook onder die son die plek van oordeel gesien, dat daar goddeloosheid was; en die plek van geregtigheid, dat die ongeregtigheid daar was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het nog iets onder die son opgemerk: In die plek waar reg moet wees, was daar onreg. In die plek waar daar geregtigheid moes wees, was daar boosheid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het ek ook gesien onder die son die plek van die gereg -- daar was onreg, en die plek van geregtigheid -- daar was onreg. |
| Afrikaans 1983 | Verder het ek in hierdie wêreld gesien: waar daar reg moet geskied, is daar onreg; waar daar geregtigheid moet wees, is daar oortreding. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Verder het ek onder die son gesien: Die plek van die reg – daar was onreg; ja, die plek van geregtigheid – daar was onreg! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het ook in hierdie wêreld gesien dat mense verkeerd doen wanneer hulle reg moet doen en regverdig moet wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het om my rondgekyk. Toe sien ek: waar die regte dinge moes gebeur, was daar net onreg. Niemand het gedoen wat God vra nie. |