Ecclesiastes 3:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat was, is nou; en wat gaan wees, was alreeds; en God eis dit wat verby is.
Afrikaans (NLV) 2011 Wat is, was reeds. Wat nog sal wees, was ook alreeds, God soek dít op wat alreeds verby is.
Afrikaans 1933/1953 Alles wat is, was alreeds; en wat sal wees, was alreeds; en God soek weer op wat verbygegaan het.
Afrikaans 1983 Wat is, was reeds. Wat kom, was ook alreeds. God laat weer gebeur wat vroeër gebeur het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat ook al gebeur het, was lankal daar; en wat gaan gebeur, het lankal gebeur. God haal weer na vore wat verby is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die dinge wat nou daar is, was voorheen ook daar, en die dinge wat later sal gebeur, is nou ook daar. God laat die dinge wat verby is, weer gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat nou bestaan, het vroeër ook reeds bestaan. En wat nog gaan kom, was alreeds daar. God laat dieselfde dinge weer en weer gebeur.