Ecclesiastes 12:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En bowendien, omdat die prediker wys was, het hy nog steeds die mense kennis geleer; ja, hy het goed ag geslaan en gesoek en baie spreuke reggestel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Prediker was nie net baie wys nie, maar het ook kennis aan die volk gegee. Hy het nagedink, nagevors en spreuke gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En behalwe dat die Prediker 'n wyse was, het hy die volk nog kennis geleer en het oorweeg en ondersoek; hy het baie spreuke opgestel. |
| Afrikaans 1983 | Die Prediker was nie net 'n man met wysheid nie, hy het ook die volk onderrig. Hy het nagedink, nagevors en baie spreuke gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nie net was Prediker wys nie, hy het ook nog kennis aan die volk oorgedra. Hy het oorweeg en nagevors; hy het baie wysheidspreuke georden. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Prediker was 'n wyse mens en hy het ook vir die volk baie dinge geleer. Hy het baie spreuke gemaak en hy het die spreuke getoets en gereedgemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Prediker het baie van die lewe af geweet. Hy het aangehou om die mense te leer. Hy het baie gestudeer, die lewe nagevors en talle spreuke neergeskryf. |