Ecclesiastes 12:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook wanneer hulle bang is vir die hoë, en vrese sal op die pad wees, en die amandelboom sal floreer, en die sprinkaan sal 'n las wees, en begeerte sal ophou; want die mens gaan na sy lang huis, en die rouklaers gaan deur die strate:
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is die tyd wanneer hy bang is vir ’n hoogte en vir alles op die pad skrik, die tyd wanneer die amandelboom in bloei staan, die sprinkaan homself moeisaam voortsleep. Dis die tyd wanneer ’n mens se begeertes nie meer opgewek kan word nie. Dis die tyd wanneer die mens na sy ewige woning gaan, en dié wat treur op die straat rondgaan.
Afrikaans 1933/1953 Ook sal hy bang wees vir 'n hoogte, en verskriklike dinge sal op die pad wees! En die amandelboom sal in bloei staan, en die sprinkaan sal homself met moeite voortsleep, en die kapperkruid nutteloos wees; want die mens gaan na sy ewige huis, en die rouklaers sal op die straat rondgaan.
Afrikaans 1983 Dit is die tyd wanneer hy bang is vir 'n hoogte en vir alles op die pad skrik, die tyd wanneer die amandelboom in bloei staan, die sprinkaan homself moeisaam voortsleep en die kapperkruid nutteloos word, die tyd wanneer die mens na sy ewige woning gaan en dié wat treur, op die straat rondgaan,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) wanneer daar selfs vir 'n hoogte gevrees word en daar verskrikking op die pad is; terwyl amandelbome bloei, koringkrieke hulleself voortsleep en kappertjies oopbreek, wanneer die mens op pad is na sy ewige huis, en die rouklaers in die straat rondgaan;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar sal dae kom wanneer jy bang is vir hoë plekke en vir dinge wat in jou pad is. Daar sal 'n tyd kom wanneer jou hare wit is soos die blomme van 'n amandelboom, 'n tyd wanneer jy sukkel om te loop, en daar niks is wat help om jou lus te maak vir seks nie, 'n tyd wanneer jy sterf, en wanneer die mense wat oor jou moet rou, op die strate bymekaarkom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is wanneer jy vir steil opdraandes en baie ander dinge bang word omdat jy te swak geword het. En terwyl die amandelboom bloei, die sprinkaan hom vol eet en die kapperkruid blom, sterf die mens. In die strate sal hulle die doodsberig vertel. Dan sal hulle saamkom om hom te begrawe.