Ecclesiastes 12:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Op die dag as die wagters van die huis bewe en die magtiges hulle neerbuig en die slypmasjiene ophou omdat hulle min is, en die wat by die vensters uitkyk, verduister word, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is die tyd wanneer die wagters van die huis sal bewe, die sterk manne waggel en die malers ophou maal omdat hulle min geword het, die tyd wanneer dit donker word vir dié wat deur die vensters kyk, |
| Afrikaans 1933/1953 | die dag wanneer die wagters van die huis sal bewe en die sterk manne krom word en die malers die werk staak, omdat hulle te min geword het, en die wat deur die vensters kyk, verduister word, |
| Afrikaans 1983 | Dit is die tyd wanneer die wagters van die huis sal bewe, die sterk manne waggel en die malers ophou maal omdat hulle min geword het, die tyd wanneer dit donker word vir dié wat deur die vensters kyk, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | die dag wanneer die wagte van die huis bewe, die sterk manne krom word, die vroue wat maal, ophou werk omdat hulle te min geword het, dié wat deur die vensters kyk, donker word, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want daar sal dae kom wanneer jou hande begin bewe en jou bene krom word en jou tande nie meer die kos fyn kan kou nie omdat jy te min tande het, dae wanneer jou oë dof begin word, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is wanneer jou hande begin bewe, die bene moeilik loop, die tande moeilik kou omdat hulle so min is, en die oë sleg sien, |