Ecclesiastes 12:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Terwyl die son of die lig of die maan of die sterre nie verduister word nie, en die wolke nie terugkeer ná die reën nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan sal die son, die daglig, die maan en die sterre donker word, die tyd wanneer dit weer bewolk word ná die reën.
Afrikaans 1933/1953 voordat die son en die lig en die maan en die sterre verduister word en die wolke terugkom ndie reën,
Afrikaans 1983 Dit is die tyd wanneer die son donker sal word en ook die daglig, die maan en die sterre, die tyd wanneer dit weer bewolk word ná die reën.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) voordat die son en die lig donker word, die maan en die sterre; en die wolke terugkeer ná die reën;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet aan God dink voordat jy die son en die maan en die sterre nie meer goed kan sien nie, en voordat die lug vir jou altyd donker lyk nadat dit gereën het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is daardie tyd in ’n mens se lewe wanneer die son se strale vir jou dof begin word en jy die maan se lig en die sterre se geflikker in die aand skaars nog sien.